| Sarie Nell Maatskaplike werker in Privaat Praktyk SACSSP no : 10 - 13593 (South African Council for Social Service Professions) Practice nr: 0346497 Member of SAASWIPP |
|
WELKOM BY THERAPY THROUGH ART
Enige persoon wat emosionele pyn ondervind, vind dit moeilik om te hanteer en genesing daarvoor te soek. Kunsterapie voorsien 'n kalmerende alternatief om van opgekropte gevoelens ontslae te raak en is spesiaal waardevol vir kinders en vat jong adolessente uit in tyd van familie- of individuele krisisse en of veranderings. Volwasse gedragsprobleme soos depressie, alkohol- en dwelmmisbruik, gesinsgeweld, post-traumatiese stres, buite-egtelike verhoudings, eetversteurings, kroniese pyn, mediese probleme, terminale siektes en familie probleme. Gedragsprobleme by kinders soos ADHD, konsentrasie probleme, depressie, eetversteurings, afknouery, lae selfbeeld, seksuele molestering, verkragting en bloedskande. Tienderjariges met eetversteurings, alkohol- en dwelmmisbruik, depressie en selfmoordneigings.
Al is jy nie kunssinnig nie - of wil jy jou ook nie as sodanig laat beskou nie - kan jy jou emosionele gesondheid deur kreatiewe uitdrukking verbeter: tree op in 'n toneel van 'n gemeenskapsteater, neem klasse in waterverf, of doen iets wat jou emosies op 'n positiewe manier tot uiting bring. Die teorie agter kunsterapie word gedeeltelik gebaseer op die feit dat kreatiwiteit en genesing vanaf dieselfde plek kom.
|
|