Wat is kuns?
Kreatiwiteit is 'n geestelike en sosiale proses vir die skepping van nuwe idees, konsepte, of die vorming van nuwe assosiasies tussen bestaande idees of konsepte. Kreatiwiteit word aangevuur deur 'n proses van bewustelike of onbewustelike insig. (en.wikipedia.org)
WAT IS KUNSTERAPIE? The handbook of Art therapy deur Caroline Case and Tessa Dalley 1992 definieer kunsterapie soos volg: “Kunsterapie behels die gebruik van verskillende kunsmediums (skilder, teken, muurskildering en beeldhouwerk, sowel as sekere vorms van handwerk - mosaïek, kralewerk, sementkuns, houtkuns en plakboek) waardeur die kliënt homself kan uitdruk. Sodoende kan hy deur die kwessies en vrae werk wat hom na die terapie gebring het. Die terapeut en kliënt is in 'n vennootskap om die proses en die uitkoms van die sessie te begryp. Dit is vir baie kliënte makliker om met die terapeut via die kunsobjek te kommunikeer. Dit vorm 'n vertrekpunt vir bespreking, ontleding en selfevaluering. Hierdie sessies kan individueel of in 'n groep hanteer word. Voorstanders van kunspsigoterapie glo dat kunswerk die mees effektiefste is om gevoelens, vrese en fantasieë uit te druk. Dit kan dan deur middel van tradisionele gespreksterapie deurgewerk word. Kunsterapie is 'n spesiale medium wat toegang verleen tot daardie verborge gevoelens wat die sleutel tot ons worstelings bevat. “Kunsterapie vra jou om jou innerlike ondervindings deeglik te ondersoek - jou gevoel, persepsies en veronderstellings. Alhoewel kunsterapie meebring dat nuwe vaardighede en kunstegnieke aangeleer word, is die klem eerstens daarop om dié beelde wat van binne die persoon kom, te ontwikkel en uit te druk, eerder as dit wat hy of sy in die buitewêreld sien.
'n Algemene wanopvatting omtrent kunsterapie is dat jy kunssinnige talent moet besit om voordeel daaruit te trek. Onthou my leuse: "NO SKILLS, NO AGE, REQUIRED - ONLY PARTICIPATION” Almal het die vermoë om kreatief deur middel van kuns te wees. Die filosofie van kunsterapie ondersteun die idee dat alle kunsuitdrukkings aanvaarbaar is. Alhoewel die kreatiewe proses en simboliese kommunikasie twee fundamentele aspekte van kunsterapie is, is daar verskillende aspekte van die kunsterapieproses wat as terapeuties beskou kan word. In sy eenvoudigste betekenis is kunsskepping 'n aktiwiteit wat die selfbeeld kan bevorder, risiko-neming en eksperimentering aanmoedig en 'n persoon se lewe verryk.
|
|