WIE IS EK
Ek is ‘n gekwalifiseerde, geregistreerde maatskaplike werkerster in privaat praktyk en is geregistreer by The Health Professions Council of SA sodat jy jou kostes kan terug eis van jou mediese fonds. Ek werk vanuit ‘n Christelike gefundeerde grondslag wat my terapie meer diepte en insig gee.
Na 20 jaar ondervinding in hierdie veld, gebruik ek uitsluitlik kunsterapie as terapeutiese hulpmiddel in my individuele, gesins- en groepsessies.
Moenie dink jy hoef ‘n Picasso of ‘n Rembrandt te wees nie, glad nie, daarom is my leuse:
NO SKILLS, NO AGE REQUIRED - ONLY PARTICIPATION.
Ek spesialiseer in die volgende areas:
Puppets @ Play
Dit is my kinderterapie, waar ek fokus op ouderdomme tussen 7 tot 13 jaar. Individuele terapeutiese insette dmv bekende mediums, (kleurwaskryte, kleurpotlode, waterverf, klei, gom en papier) veral in getraumatiseerde situasies. Ek doen terapie met kinders wat enige tipe trauma beleef het.
Ek glo daaraan om die gesin ook in die terapie te betrek, dus gesinsterapie spruit voort uit die individuele sessie met die kind.
Me, Myself and I @ Art
Dit is my tienerterapie. Ek spesialiseer in die ouderdomsgroep van 13 tot 18 jaar. Hier fokus ek op individuele terapie, gesinsterapie asook groepsterapie. Ek maak gebruik van enige kunsmedium asook ander tipe mediums soos musiek, drama, mosaiek, plakboek, piouter, decopage, sementkuns, kralewerk en houtkuns. Ek moedig gemengde medium sessies aan waar ons letterlik alle mediums op een kunsprojek gebruik.
Met die handwerkmediums sal ons soms net op ‘n individuele medium fokus soos plakboek waar foto’s handig te pas kom wanneer ons verhoudings aanspreek.
Divas @ Art
Terapeutiese, kreatief-praktiese groepsessies waar daar gefokus word op vroue wat by ‘n kruispad in hulle lewe gekom het en op soek is na nuwe inspirasie.
Hierdie groep is waar ons die lae verf afhaal en nie met verfverwyderaar nie; dis ‘n knoeispul. Nee, ons moet bo begin en laag vir laag die verf wat ons so oor die jare opgeverf het, afskraap sonder om die hout (ons siel) te beskadig.
Dit is 'n groepsreeks bestaande uit 8 sessies, 1 sessie (4 ure) per week.
HIV/AIDS Opleiding en Terapie Werkswinkels
Opleiding- en terapie werkswinkels word vir personeel aangebied wat met HIV/AIDS werk. Die emosionele stres van die personeel word aangespreek asook dié van HIV/AIDS afhanklikes en hul gesinne. Sodoende word kuns as hulpmiddel gebruik om pyn en lyding te deel en uit te leef. Individuele groepsterapie, gesinsberading asook korporatiewe pakkette is beskikbaar.
|